Thursday, July 30, 2020

ISRAEL GEBEDSTOER

18-25 MAART 2021

R25 600 PP

($1=R16)

Epos vir volledige Program en Besonderhede:

wagtersopdiemure@gmail.com

7 GEMEENTE TOER

VAN OPENBARING & NUWE TESTAMENT

TURKYE & ISTANBUL

12-21 APRIL 2021





EPOS VIR VOLLEDIGE BESONDERHEDE & PRYS EN PROGRAM


Thursday, January 17, 2019

ISRAEL GEBEDSTOER - STANDING WITH ISRAEL

   STAND WITH ISRAEL PRAYER TOUR 
      STAAN BY ISRAEL GEBEDSTOER


6-15 Maart 2021 @ R29 700 pp ($1=R16)
Hierdie toer word hoofsaaklik in Afrikaans aangebied deur die toerleier maar die toergidse op die bus is Engels asook is een van ons mede-leiers engels sprekend en dus kan engels sprekende persone wat bietjie Afrikaans verstaan ook saamkom.



Kom saam met mede bidders, intersessors, profete, pastore, evangeliste, “worship” dansers, “prayer warriors”, en mede Christen gelowiges wat almal ‘n hart en passie vir Israel en die Joodse volk het, en kom seen Israel binne ISRAEL.  Hierdie is jou uitnodiging!  Bring jul shofars, aanbiddingsvlae, tamboeryne en ander musiekinstrumente want ons gaan geestelike oorlogvoering voer in die geestesrealm.  Ons nooi profetiese dansgroepe uit om te kom dans op die grenslyne en reg deur Israel terwyl ons biddend verkeer.

Die wêreld haat Israel, kyk maar wat gaan in die internasionale nuus-kanale aan.  Israel word op elke gebied verdoem en die vyande van Israel wil hulle graag van die aardbol afvee.  Maar ek en jy wat kinders van die God van Israel is, weet dat Abba Vader sluimer of slaap beslis nie.  Hy waak oor Sy volk.  Hierdie klein landjie word van alle kante af onderdruk, ongelukkig selfs van ons eie land se regering ook.  Indien ons Israel seën sal ons ook geseënd wees. Daarom is dit my en jou plig om ernstig vir Israel in die bres te tree. 

Hierdie toer was ‘n opdrag van Abba Vader – Ons Christene moet gehoorsaam wees en in die “gap” vir Israel gaan staan.  Die minste wat ons as Koningskinders kan doen vir hulle is om vir hulle te bid.  Ons nooi jou dus saam om in daad en woord te gaan optree en fisies in Israel te gaan bid.  Wat ‘n beter plek is dit nie om juis in Israel, op hul grenslyne te gaan interses vir Israel se beskerming.  Hierdie landjie is maar so groot soos ons Kruger Nasionale Wildtuin.  Klein maar sterk want die God van Israel waak oor hulle.

Ons gaan al die grenslyne dek.  Ons gaan langs die Middelandse see by die Cesarea Akwaduks met ons voete in die water staan en vir die Westelike grenslyn van Israel bid. Daarna reis ons na Karmel Berg waar ons gaan uitkyk oor die Jisreel vallei.  Een van Israel se lugmagbasisse is in hierdie vallei (ondergronds) geleë.  Die F16 vliegtuie styg gereeld hier op.  Ons gaan dus intreë vir die lugmagbasis en weermag (IDF) van Israel. “Ramat David Israeli Air Force Base” is dus een van 3 hoof lugmagbasisse van Israel.  Bloedjonk Israeli soldate verloor baie keer hul lewens in diens van hul land.  Hierdie Jisreel vallei is ook bekend as die Megiddo vallei wat ‘n groot rol in die eintyd gaan speel nl. Armaggedon.

Daarna reis ons via Haifa na die Noordelike grenslyn tussen Israel en Libanon by Akko.  Ons gaan by die grenslyn bid asook die asemrowende Rosh Hanikra kalksteen grotte per kabelspoor besoek wat slegs meters van die grenslyn af is. Daarna neem ons ‘n  wandeling op die Ou Stad mure van Akko wat deur die markgedeeltes loop en ons ‘n geleentheid kry om die Ou-mark van Akko te besoek.  Akko is een van ‘n paar stede wereldwyd wat se mure steeds staan na duisende jare.  Dis gebou in 950nC deur Caliphate vir die stad se beskerming. Ons oornag  twee aande by die See van Galilea.

Ons reis dan Noordwaarts deur die Golan Hoogland na Kuneitra (by Mount Bental) waar ons ‘n pragtige uitsig na die Siriese grenslyn by Kuneitra asook oor die Golan Hoogland het.  Die Kuneitra vallei se naam beteken vallei van trane.  Mount Bental is ‘n ou weermag uitkyk pos met bunkers en ‘n fantastiese uitsig oor Siriê na die Ooste en die Hoogland na die Weste.  Hier het baie stryd en konflik tussen Jood en Arabier al plaasgevind en steeds is dit nog nie oor nie.  Hier is ook ‘n rigting aanwyser wat wys dat ons slegs 60km van Damaskus af staan.  Hierdie vallei was waar die bloedigste tenk gevegte gedurende die Yom Kippur oorlog in 1973 plaasgevind het en waar Israel met bitter min tenks (160) teenoor Sirië se oormag tenks (1500) teen alle verwagtinge die Siriërs oorwin het.  Ons dien ‘n Groot God wat Sy volk beskerm het, en vandag nog beskerm!

Ons besoek die asemrowende mooi Banias waterval en sien die pragtige natuurskoon van Noord Israel.  Hier by die oorsprong van die Jordaanrivier gaan ons bid vir Israel se watervoorsiening want hierdie rivier wat gevoed word deur strome en fonteine wat vanuit Berg Hermon kom, is die hoof bron van water vir die land Israel.  Water is Lewe.  Ons Messias het ook Lewende Water aangebied.

Terwyl ons reis gaan ons in die bus vir die dorpe, stede en kibbutse in die area in gebed tree.  By die Berg Predikasie langs die See van Galilea waar Jesus/Yeshua die bergrede gelewer het, gaan ons biddend verkeer en seëninge oor Israel spreek en mekaar seën.  Daarna maak ons ‘n draai by Mensa Kristi waar jy voete gaan natmaak in die see van Galilea voordat ons teen sononder ‘n bootvaart op die See van Galilea gaan onderneem waar ons weereens lof en aanbidding gaan bring asook Joodse danse gaan leer.

Ons reis deur die Jordaan vallei na Bethabara wat die oorspronklike doopplek van Jesus/Yeshua is by die Jordaan rivier.  Hier skei die Jordaanrivier die twee lande nl. Jordanië en Israel en gaan ons intreë vir die Oostelike grenslyn tussen hulle.  Daarna reis ons na die Berg Masada wat ons per kabelspoor gaan bereik en waar ons weereens ‘n lieflike uitsig oor die Negev woestyn, Dooie See en Jordanie het.  Hier gaan ons oor die Negev Woestyn na die rigting van die Egiptiese grenslyn intreë vir die Suidelike grenslyn van Israel. Daarna maak ons ‘n vinnige draai by Qumran en dan ‘n laatmiddag swem in die Dooie See voordat ons opry na Jerusalem.

Vir die volgende 4 dae in Jerusalem het ons nie meer die luukse toerbus beskikbaar nie en gaan ons per voet stap.  Ons maak egter van plaaslike vervoer gebruik soos die trein en lokale busse.  Alle plaaslike vervoer is vir jou eie sak.  In Jerusalem besoek ons die Olyfberg waar ons gebede oor Jerusalem stad gaan proklameer en gaan bid vir die Vrede van Jerusalem volgens die Psalm-opdrag, dan Getsemane tuin, Goue Poort, Lithostratos, bo-vertrek, Dawid graf, Kardo, Goue Menorah asook spandeer ons tyd in die Joodse kwartiere van die Ou stad.  Ons besoek ook die Westelike Muur (Kotel).   Ons blaas die shofars op die ou stad mure as Wagters op die Mure en proklameer gebede oor Israel en Jerusalem (bring dus jou shofar saam na Israel want ons blaas dit almal saam op die Ou Stad mure). 

Die laaste dag besoek ons die Knesset (Israel se Parlementsgebou) waar ons gebede oor Israel se Regering asook hul Eerste Minister en sy kabinet spreek.  Daarna besoek ons die Holocaust Museum om in stilte aan die Joodse slagting van die 2de wêreldoorlog te dink voordat ons na Tel Aviv vertrek waar ons die Independance Hall en Joppe gaan besoek voordat ons lughawe toe geneem word vir ons terugvlug na ‘n wonderlike en geesvervulde tyd in Israel.
  Ons hoor Vader se hartklop, en gaan baie kosbare tyd afstaan aan die Heilige Gees.  Hierdie toere is baie uniek in elke opsig en voldoen steeds aan hoë standaarde.  Ons vlieg ELAL (Israel se eie lugredery met die beste sekuriteit ter wêreld) en slaap in 'n goeie 3 ster hotel by die See van Galilea asook ‘n  4 ster hotel in Jerusalem in die hoofstraat wat binne bereik is van alles met daaglikse ontbyt en aandetes.  Ons kry ‘n luukse toerbus met ‘n toergids op die lughawe wat ons volgens die program tot in Jerusalem neem.  Die dae wat ons egter in Jerusalem spandeer is ons sonder die toerbus want alles is loopafstand van mekaar en ons maak gebruik ook van plaaslike vervoer wat goedkoper is.  God se opdrag was om ons fisies op die grond te kry en daarom beweeg ons per voet en kom so direk in aanraking met die plaaslike bevolking en hul kultuur.  Asook hoor ons die Heilige Gees se leiding met elke treë wat ons gee.

Ons het een dag opsy gesit om saam met ‘n Suid-Afrikaanse verteenwoordiger van Bridges for Peace Organisasie in Israel uit te gaan sodat ons blootstelling kan kry aan die diens en werk wat hulle vrywilliglik vir Israel lewer.  Ons kan dus die hande en voete vir Israel op grondvlak wees en ons omgee harte vir Israel wys asook die volunteers ontmoet wat van reg oor die wêreld in Israel gaan dien.  Hierdie toer is nie ‘n “ontvang” toer nie maar ‘n “gee” toer.  Ons gaan gee aan Israel.

Hier van SA af gaan saam met die groep 'n Toerleier (wat 'n Doktorsgraad in Ministry het en 'n Israel Bediening hanteer),  'n Profetiese Pastoor (wat in die profetiese bediening is en die groep gaan bedien) en 'n Intersessor (wat ook berading doen en die groep gaan bystaan).

Die dae wat ons in Jerusalem gaan spandeer maak ons gebruik van plaaslike vervoer en stap ons ook nogal baie – maak dus seker jy het gemaklike uitgeloopte stapskoene en dat jy wel sal kan stap (ongelukkig is die toer nie geskik vir mense wat moeilik loop nie agv die ruwe terrein en die feit dat ons baie kilometres per dag aflê per voet).  Ons het die betrokke dae in Jerusalem nie die toerbus tot ons beskikking nie en daarom maak ons dus gebruik van plaaslike/publieke vervoer wat vir elkeen se eie sak is – maak dus seker jy het genoeg kleingeld in shekkels (‘n enkel trein rit is ongeveer 6-7 shekkels).  Indien jy kyk na ons toerprogram sal jy sien dat die prys sluit basies alles in behalwe die plaaslike vervoer in Jerusalem self waarvoor jy self moet budget by jou sakgeld.

Ons hotel is ook gerieflik in die hoofstraat geleë en reg voor die hotel is 'n trem stop. Ons ry dan gewoonlik met die trein tot naby die ou stad en dan stap ons veder. Ons kry ook die een oggend ‘n plaaslike bus (vir jou eie sak +- 6 shekkels) naby Damaskus Poort om ons op te neem na die Olyfberg – ons stap egter die berg af deur die Kidron vallei en weer by die Ou stad binne.  Die Joodse mark (Shuk) is ook naby ons hotel geleë en na aandete besoek ons gewoonlik die mark en/of Ben Yehuda straatmall indien jy wil.  Die dag wat ons die tuingraf gaan besoek val op ‘n Saterdag wat die Joodse Shabbat is en geen vervoer beskikbaar is nie.  Daardie dag sal ons rustig stap van die hotel af tot by die Tuingraf.

Israel het jou nodig!  Hoor die Vader Hart wat warm klop van liefde vir hierdie volk.  Dis my en jou as wedergebore Christen se plig om vir God se land en volk te bid.  As dit swaar op jou hart lê, kom saam en kom maak ‘n verskil in die geestesrealm want hierdie is ‘n oorlog in die lug, teen die bose magte wat Israel wil vernietig.  Ons het die Heilige Gees in ons en ons kan ‘n verskil maak!

As jy 'n roering in jou hart voel, bid hieroor en boek op hierdie reis wat werklik 'n afspraak met ons Hemelse Vader is. Ons weet dat vir elkeen wag daar 'n spesiale afspraak met Vader, met 'n spesiale salwing in Israel.  Hierdie toer is nie die agent of toerleiers se toer nie, dit is ABBA VADER sin!  Ons is anders, ons gaan fyn luister na Vader se Stem en saam met Hom deur Israel beweeg terwyl ons oor op die grond is en ons oorlogvoering gaan doen vir Israel.   God is besig om intersessors op te wek vir Israel (Jes 62:6-7).  Ons moet as Wagters op die Mure ons plek vir Israel inneem. Abba Vader is besig om in ‘n tyd soos nou die harte en oë van gelowiges oop te maak sodat hulle Sy Hartklop vir Israel kan ervaar.

Moet dus nie langer huiwer nie, tref vandag nog reëlings met ons!

EPOS vir Program en Registrasie vorm: 
wagtersopdiemure@gmail.com

Jesaja 62:1
Ter wille van Sion sal ek nie swyg nie, en ter wille van Jerusalem nie stil wees nie!

JERUSALEM EN OMGEWINGS VERKENNINGS-TOER 13 DES 2021


JERUSALEM 8 DAG TOER
13 – 20 Desember 2021
 R25 200 pp ($1=R16)



Baie mense veral pastore, bedienaars, intersessors en ander mense wat alreeds voorheen Israel besoek het, het ‘n diepe verlange in hul binneste om net tyd in Jerusalem in Abba Vader se Teenwoordigheid te gaan spandeer sonder die gejaagdheid van ‘n toerprogram wat gevolg moet word.  Vir baie is dit frustrasie om self ‘n privaat reis na Israel te beplan en ook werk dit in meeste gevalle baie duur uit.  Daarom het ons ‘n Jerusalem toer saamgestel wat al die logistieke reelings in die hande van ‘n bekwame toeragentskap laat sodat jy kan ontspan en in die veiligheid van ‘n groepsverband Jerusalem, die Dooie See en Galilea kan gaan besoek en heerlike tyd op jou eie spandeer in jou vrye dae in Jerusalem.

Hierdie toer sluit in: 
ELAL Retoer vliegkaartjies
Lughawe belastings
Akkommodasie in top klas toeristeklas hotel (2 deel)
Twee etes per dag (ontbyt en aandete)
Reis in 'n lugverkoelde luukse bus op 2de, 3de en 7de dag
Vervoer tussen lughawe en hotel in buiteland
 Fooitjiegelde & Admin 
Reisversekering


Die Jerusalem toer is uitgewerk sodat basies alles ingesluit is vir jou.  Ons vlieg ELAL en oornag in Jerusalem in ‘n goeie 4 ster hotel in die hoofstraat van Jerusalem waar plaaslike vervoer op die hotel se voorstoep is.  Die dae in Jerusalem is vir elkeen se eie gebruik en kan jy self beplan hoe en waar jy jou tyd wil gaan spandeer.  Ons slaap as groep in dieselfde hotel en daar is ook 2 groot etes (ontbyt en aandetes) ingesluit.  Vervoer in Jerusalem is vir jou eie sak asook alle besoeke.  Alle besoeke en besigtings in Jerusalem in jou afdae is vir jou eie sak.  Die toerprogram sluit wel op die eerste twee dae en laaste dag in Israel ‘n program in waar ons plekke gaan besoek wat reeds by jou toerprys ingesluit is (soos hierbo genoem is).  Die luukse toerbus sal ons dan ook weer op die lughawe terugbesorg. Al wat jy dus benodig is sakgeld vir Jerusalem vir dit wat jy beplan om te gaan doen.  Daar is baie plekke in en om die ou stad wat jy per voet kan besoek. Party plekke is gratis en ander vra weer toegangsfooie.  Google gerus die plekke vooraf wat jy wil besoek en doen jou beplanning.  Daar is ook kort dag toere wat in en om Jerusalem aangebied word asook na ander plekke en jy kan dit vooraf google maar al die inligting is ook by Jaffa Poort se inlingting sentrum te verkry. Reg voor ons hotel is ‘n trein wat ons gewoonlik neem tot by Jaffa Poort en dan stap jy veder.  ‘n Enkel treinrit kos ongeveer 7 shekkels.  Jy kan ook in die aande Ben Yehuda straat en die shuk (Joodse mark) gaan besoek wat loopafstand is van die hotel.

Die Jerusalem Toer is juis bedoel vir diegene wat privaat tyd in Jerusalem wil gaan spandeer om Vader se Hartklop en Stem te hoor. Enige een is Welkom, solank jy onthou daar is geen vasgestelde program vir die tydperk in Jerusalem nie en jy moet self kan oor die weg kom (wat redelik maklik is en wat jy gou gaan baasraak en die toerleier is daar om jou by te staan).


Hierdie toer vind eers einde 2021 plaas en gee jou dus genoeg tyd om jou finansiele beplanning te kan doen asook om dadelik elke maand te begin betaal aan die agentskap.  Niks is onmoontlik nie.  Baie mense gebruik ook hul jaarlikse bonus of deel daarvan om hul toer te betaal.  Doen dadelik jou beplanning want hierdie toer word gou uitverkoop - registreer dus vandag nog teen hierdie uiters goeie prys!

Epos vir volledige program en registrasie vorm: wagtersopdiemure@gmail.com

BOEK SO GOU MOONTLIK!!
Slegs R3000 deposito word benodig om jou plek te verseker.


Wednesday, July 18, 2018



THESIS 1

A STUDY OF THE RELATIONSHIP BETWEEN 
CHURCH AND ISRAEL

SHOULD ALL CHRISTIAN BELIEVERS TODAY 
STILL PRAY FOR AND SUPPORT THE ISRAEL 

NATION?





THESIS 2

A STUDY ON BIBLICAL PERSPECTIVES ON 
GOD’S COVENANTS

WITCH COVENANTS ARE APPLICABLE TO 
CHRISTIANS TODAY?




Email for more information 
(I will forward the thesis to you)
betshalomzv@gmail.com

Thursday, July 5, 2018

Hanru Visser - Ons Hemelse Kleinkind
28 Junie - 14 Julie 2017


Ons tweede kleinkind, 'n ou seuntjie is op 28 Junie 2017 op 36 weke gebore.  Hanrutjie moes dadelik na geboorte na die NICU oorgeplaas word omdat sy longetjies nie reg gewerk het nie en hy moes aan n asemhalings-masjien gekoppel word.  Vir 16 dae het ons gebid, en geleef van fototjies en video materiaal wat sy mamma en pappa uit die ICU vir ons gestuur het (want selgs die ouers is daar toegelaat - die naaste wat ek as ouma aan Hanrutjie kon kom was om voor die ICU deure in die gang te sit en wag terwyl sy mamma by hom was).  Elke ou fototjie was kosbaar en ons kon nie wag dat hy uit die ICU moes kom sodat ons hom self kon sien en vashou nie.  Maar min het ons besef dit was ons nie beskore nie..... 




Op die 16de dag (14 Julie 2017), 'n koue winters oggend het Hanrutjie sy aardse verblyf verruil vir sy ewige tuiste by Jesus.  Vir ons as familie was dit hartgebroke, in ons harte het dit soos winter gevoel.  Om jou kinders se smart te sien en as ouer te besef jy kan niks daaraan doen nie, breek jou hart in duisende stukke.  Jy treur dus nie net oor die verlies van 'n kleinkind nie maar ook oor die smart wat jou kinders moet verduur.  Maar ons het vertroosting gevind want Abba Vader is steeds in beheer en alhoewel ons nou net ten dele kan verstaan, sal ons eendag ten volle verstaan.  Hanru sal altyd ons 2de kleinkind bly en ons sal hom nooit vergeet nie.  Eendag sien ons hom beslis weer en kan ek as ouma nie wag om hom in die pillaar gange van die Hemel te omhels nie.....



Thursday, January 4, 2018

2019 Gebedstoere na Israel

WAGTERS OP DIE MURE
ISRAEL GEBEDSTOERE

11-18 Feb 2019

R20 150 per persoon ($1=R14)






EPOS:  
betshalomzv@gmail.com



Die oproep vir wagte het in die tyd van Jesaja uitgegaan en die Heilige Gees is besig om hierdie oproep weer in die eeu waarin ons leef, na vore te bring.  Ons moet bid dat ons oë geopen sal word met Vader se Geestelike begrip van Israel.  Ons moet ernstig bid vir Israel en vir Jerusalem, dis 'n opdrag!

Kom reis saam met mede bidders na Israel vir 'n onvergeetlike 8 dag reis teen 'n absolute bekostigbare prys wat jy nie sommer maklik weer sal kry nie, en laat toe dat Abba Vader jou lei met elke treë wat jy gee.  Ons toer is absoluut uniek.  Ons staan baie tyd aan die Heilige Gees se leiding af en jaag nie van een plek na 'n ander nie.  Ons luister fyn na Vader se Hartklop en beweeg in Sy salwing.  Ons roep dus elke Geesvervulde Christen gelowige om saam te kom bid en om te kom hoor wat Vader op die Hart het vir jou.  Daar wag 'n baie spesiale en geseënde afspraak in Jersusalem spesiaal net vir jou.  Moet dit nie mis nie.

Kom treë saam met ons in vir hierdie kosbare land en volk wat ook ons Vader se oogappel is.  Vader sê self dat Hy sal seën wie Israel seën.  Kom seën Israel saam met ons in Israel!!

Ons soek met diepe erns Abba Vader se Hartklop en laat toe dat God se Gees ons elke treë op hierdie reis deur Israel lei. Kom wees deel van mede gelowiges wat in Waarheid en Gees gaan aanbid.  Wat Vader se Aangesig gaan soek.  Het Vader dalk 'n afspraak met jou in Israel?  Hoor jy Sy Stem wat jou roep?  Kontak ons vandag nog en verseker jou plekkie op hierdie absolute onvergeetlike geestelike reis wat jou nader aan God sal bring. 


Boek dadelik want hierdie toere is uiters gewild en registrasies stroom reeds in!

_________________________________________________________

Kom saam as 'n Wagter op Jerusalem se mure!! 

Tuesday, November 14, 2017

2019 ISRAEL GEBEDSTOERE

WAGTERS OP DIE MURE VAN JERUSALEM

GEBEDSTOERE 2019


  


Die belangstelling en navraag na hierdie gebedstoere is baie gewild en ons beveel aan dat indien jy ook geroepe voel om saam te reis na Israel moet jy asb jou epos vir ons stuur sodat ons dadelik al die nodige informasie vir jou kan epos.  

Epos na:  betshalomzv@gmail.com




Friday, October 14, 2016

Wagte op die Mure van Jerusalem



WAGTE OP DIE MURE VAN JERUSALEM

Inligting saamgestel en Gebede geskryf deur Zetta Visser


Ter wille van Sion sal Ek nie swyg nie en ter wille van Jerusalem nie stil bly nie.."
Jesaja 62:1


HART VIR ISRAEL – HART VAN DIE VADER

Die oproep vir wagte het in die tyd van Jesaja uitgegaan en die Heilige Gees is besig om hierdie oproep weer in die eeu waarin ons leef, na vore te bring.  Ons moet bid dat ons oë geopen sal word met Vader se Geestelike begrip van Israel.  Ons moet ernstig bid vir Israel en vir Jerusalem, dis 'n opdrag!

Om ‘n wagter te wees en om te wag word gewoonlik vertaal vanaf een of twee Griekse woorde (gregoreuo and agrupne) wat dieselfde betekenis het nl om wakker te bly en om nie te slaap nie.  Dit beteken om ten volle wakker te wees, op die uitkyk te wees, waaksaam, versigtig en intens gefokus.

In Matteus 26:41 sê Jesus dat ons moet waak en bid.  Dis ‘n geestelike waak wat met gebed baie sterk en kragtig ‘n wapen teen geestelike aanvalle is.

Romeine 13  Paulus sê hier dat hoe nader ons aan die wederkoms van Jesus kom, hoe dringender is dit dat ons uit ons geestelike slaap moet wakker word!  Inderwaarheid is ons reeds in die eindtyd en as daar ooit ‘n tyd was om gereed te maak, is dit juis NOU!

God soek gelowiges wat intens hulle Bybel lees en bestudeer en daaroor mediteer.  Jy moet ook goed ingelig wees oor waar die wêreld gebeure tans staan en wat in die wereld aangaan.  Ons moet die Bybelse profesiee ken, spesifiek in die tye wat ons nou in leef.  Profetiese geskrifte word byna daagliks vervul – ons leef in die mees kritieke tyd in die geskiedenis.

Ek het geleer, om vir Israel te staan en om vir hulle te bid, is om Vader se hart te ontdek, om Vader se trane vir Israel te sien en om Vader se groot liefde vir Israel te ervaar.  As jy Israel Seën, sal Vader jou Seën (Gen 12:3) maar as jy Israel vervloek dan sal Vader jou vervloek.  As jy Israel aanraak, dan raak jy Vader se oogappel aan (Sag 2:8).  Neem 'n standpunt in vir Israel want Israel is steeds naby God se hart - bid vir Israel. (Jes 62: 6-7).
Abba Vader is opsoek na ware gelowiges wat as diensknegte bereid sal wees om vir Israel in te tree en by hulle te staan. Ons moet bid vir die “shalom” van Vader vir ‘n Stad van Vrede – Jerusalem. Mag daar vrede binne haar mure wees (Ps 122). As jy vir Jerusalem bid, belowe Vader dat jy rustig sal lewe en dat jy vrede sal hê. Israel is Vader se plan en doel met hierdie wêreld. Israel is uitverkies deur Vader self om eenkant gehou te word, heilig en afgesonderd (Lev 26:11-13).  Israel behoort aan Abba Vader.
Ons moet waak en bid want Jesus kom terug op ‘n onverwagste tyd en ek en jy kan nie aan die slaap gevang word nie (Luk 12:40).  Ons moet elke oomblik gereed wees.  ‘n Wagter se werk is om waaksaam te wees deur die vyand te erken en die mense betyds te waarsku teen die gevaar.  Dis deel van ‘n profetiese bediening.  Is daar wagters in jul gemeenskap, in jul samekomste en gemeentes? 
In die OT het die wagters gedurig gewaak op die stadsmure en so omgegee vir God se volk.  In die NT moet ons ook waak en omgee vir die mensdom.  Ons moet dus waak teen die vyand se aanslae en mense betyds waarsku.  Ons moet die Lig vir die wêreld wees.
Die hebreeuse woord “shamar” beteken om op wag te wees en om te waak as wagter.  God is ons hoofwagter en “shamar” ons dus teen die vyand se aanslae – maar luister ons?  Hoor jy die geluid van die rampshoring wat die wagters mee waarsku?
‘n Wagter staan op ‘n uitkykpunt, ‘n hoë muur/plek sodat hulle kan sien wat God besig is om te doen.  Neem vandag jou plek in as Wagter vir God se Koninkryk en wees waaksaam, bid gedurigdeur.  Wees ‘n wagter vir jou gemeenskap, maar hou jou oë op Israel en bid vir Israel want dis God se horlosie.  Waarsku betyds ander teen die komende gevaar want die wêreld spoed gevaarlik na sy einde.
Kom wees 'n wagter op Jerusalem se mure en bid dag en nag vir hierdie kosbare land en volk wat Vader Sy oogappel noem. Seën hulle en jy sal beslis geseënd wees.
Prayer Warriors, it is time to ascend the wall and begin to fullfill your calling as watchmen for God!


1.      SEEN ISRAEL

Genesis 12:3                    
“En Ek sal Seën diegene wat jou Seën, en hom vervloek wat jou vervloek”


God praat met Abram waaruit die volk Israel kom.  Dus as iemand Abram en sy nasate wat Israel is seën, sal God jou seën.  Christene moet God se volk Israel Seën!  Seën hulle deur jou gebede, dade en ondersteuning.  God het Israel innig lief.

As jy Seen oor iemand bid, seen jy jouself daardeur.  Seën Israel en jy sal verseker geseënd wees.
Die Jode het vir ons die Woord gebring – Bybel is ‘n Joodse boek.  Jesus was ‘n Jood.  Al die dissipels en apostels was Jode.

Jesus is in ‘n Joodse familie gebore in Betlehem, is besny op die 8ste dag, het opgegroei in Nasaret en voldoen aan alle Joodse gebruike, het sy Bar Mitzvah gehad op 13 jaar, het al Moses se wette onderhou want hy was onder die wet gebore, het ‘n gebedskleed (tallit) gedra.  Wat ook aanbid en lering gegee het in die sinagoges en tempel van Jode.  Sy aardse bediening was meestal gerig op Jode veral in Galilea.  Hy sterf op ‘n kruis met die woorde “Koning van die Jode” bokant sy kop. (Markus 15:26,32).  Sy 12 Dissipels was Jode.  Dit was Jode wat die evangelie na nie-Jode (ek en jy) gebring het omdat Vader hierdie volk vir hierdie taak gekies het.  Paulus was ‘n Jood.  Jode het die Woord na ons gebring – na die nasies.  Hoe kan ons dan die Jode haat?

  1. Troos
Jesaja 40:1-2
“TROOS, troos my volk, sê julle God”

Israel sit in die beheersentrum van die wereld.  Huidige Israel is ‘n klein landjie, so groot soos die Krugerwildtuin.  Die Bybel verwys oor die 230 kere na God as die God van Israel.  God se dagboek is vol van afsprake met Israel.  Die Bybel is ‘n rekord van Israel se geskiedenis en Israel se toekoms.  Israel is die teiken van anti-semitisme en jodehaat neem wereldwyd teen geweldige tempo toe.  Israel word as die swart skaap van die Internasionale gemeenskap gesien.  Troos hierdie volk sê Vader.

  1. Gee om – Dade moet wys - Ondersteun – Bid

Wys Israel dat jy omgee vir hulle met jou dade, gebede, ondersteuning, donasies, veral christen organisasies in Israel (voedsel, klere, hulp), volunteerwerk ens.  Daar is baie armoede in Israel.

Romeine 15:27Die Jode het aan ons die evangelie gebring en daarom is ons verskuldig om hulle met stoflike goedere te dien.

God seen hierdie volk nog steeds in hulle gevalle toestand:  Nobelprys/Skaakkampioene/Musikale toekennings/Mediese tegnologie beste ter wereld/ ens.
Is jy Vriend van Israel? Of is jy vyand van Israel?


2.      Bid vir Jerusalem – Stad van die Groot Koning (Ps 48:3)

Psalm 122:6
“Bid om die vrede van Jerusalem, mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!”
Dis ‘n opdrag om vir Jerusalem te bid.  Jerusalem is die belangrikste stad in die wereld.  Baie konflik vind tans hier plaas.  Dis die stad waarheen Jesus gaan terugkom.  Dis God se stad.  Bid vir al die inwoners van Jerusalem (Jood en Arabier).  Indien jy die mense van Jerusalem liefhet, sal jy rustige lewe.  Dis ‘n belofte.  Weereens ‘n seën vir jou.

2 Kronieke 6:6 – “Ek het Jerusalem verkies dat My Naam daar sou wees”

Sagaria 12:2-3 – God gaan Jerusalem tot ‘n baie swaar klip maak vir al die volke wat dit wil optel en elkeen wat dit wil optel sal sekerlik seergemaak word.  Jerusalem is ‘n beker van bedwelming vir al die volke.

Sagaria 12:9 – God sal al die nasies wat teen Jerusalem aankom, verdelg.

Ps48:3, Ps 137:6, Ps 129:5, Jesaja 62:1
Jesaja 14:32 – “Dat die Here Sion gegrondves het”

Bid vir Israel en ervaar God se hartklop vir hierdie nasie.  Jy kan dit net ervaar as jy God se Hart ken.  Vra vir Hom om vir jou dit te openbaar, Hy is getrou en sal jou oë open wat Israel betref.

        


3.      God het self Israel as volk uitverkies – Sy eiendomsvolk

Deuteronomium 7:6
“want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God, jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees”

God sê self dat Hy Israel as eiendomsvolk gekies het uit al die volke op aarde.  Hoe kan ons dan twyfel dat hierdie nasie God se volk is?  Die Bybel is ‘n liefdesbrief van God en regdeur die Bybel word jy oorweldig met die Liefde wat God vir Israel het.  Beloftes na beloftes word gemaak aan Israel.

Jeremia 31:35-37
God sê dat as die son, maan en sterre voor sy aangesig wyk, dan sal Hy eers Israel verwerp.  As die hemel gemeet en die fondamente van die aarde nagespeur kan word, dan sal God eers die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het.

Elke Koning het ‘n Royal Family – Die Jode is die Royal Family waardeur ons Koning gekom het.

Psalm 121:4 - Die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie

Romeine 1:16 – Evangelie is eers vir Jood dan vir Griek (nasies)


4.      Lief vir Israel – Heidene verkry seën as hulle lief is vir Israel en goeie dade doen vir Israel -  Inenting op die Mak Olyf

Lukas 7:5 - Cornelius ‘n heiden in Kapernaum het die Jode liefgehad en daarom het Jesus sy dienaar genees.

Handelinge 10 - Cornelius in Caesarea is die eerste heidense huis wat die evangelie ontvang het. 

Seeninge en voorspoed, gesondheid en die uitstorting van die Heilige Gees kom na die heidene wat Israel seen.  Dis nie moontlik om te sê:  dat jy ‘n wedergebore Christen is en dan het jy nie Israel lief nie.  Jode het egter al baie lyding deur die eeue deurgemaak – kruistogte, swart dood, holocaust – Jode is dwarsdeur Europa gevang, gemartel en vermoor en dit meestal deur Christene!

God het Israel innig lief – 1 Konings 10:9, Os 135:4, Ps 98:3, Sefanja3:16-17, Rom 11:28-29, Esra 3:11, Lev 26:12, Numeri 24:9b, Jes 46:13, Matt 25:40…

Romeine 11:17-32 (In-enting)
Heidene wat die wilde olyf is, is inge-ent op die mak olyf wat Israel is.  Die natuurlike takke is nie gespaar nie.  Moet dus nie hoogmoedig en arrogant wees teenoor Israel nie anders kan jy ook weer afgebreek word.  God het Sy volk nie verstoot nie (Rom 11:1-2)

Heidene deel in die Jode se geestelike seëninge – daarom moet die heidene materiële seëninge met die Jode deel – Rom 15:27

        

5.      Land Israel behoort aan God – Nasies wat teenoor Israel opstaan gaan verdelg word

Genesis 17:8
Die land word as ‘n ewige besitting aan Abram en sy nageslag gegee

Sagaria 12:10 en Sagaria 14 beskryf wat gaan met die nasies gebeur wat teen Israel opstaan (hulle gaan verdelg word) asook beskryf dit Jesus se wederkoms na die Olyfberg wat in Jerusalem is.  Vers 16 en 17 beskryf dat almal sal na Jerusalem optrek om die loofhuttefees te vier – alle nasies.

Landstreek is tussen die Eufraat en die groot rivier in Egipte (Genesis 15:18)

Die moderne staat Israel is in ons huidige geslag se leeftyd gebore – 14 Mei 1948 (68 Jaar reeds in 2016 gewees en in 2018 sal dit presies 70 jaar later wees).  Jerusalem is in 1967 bevry van Jordaniese beheer en in 1980 as hoofstad verklaar.

Matt 24:32-35
Sagaria 12:2-4

Jerusalem gaan ‘n swaar klip word vir al die volke, elkeen wat dit optel, sal hom daarmee sekerlik seermaak.

Amos 9:14-15
God sal Israel weer plant in hulle land en hulle sal nie weer uit hul land geruk word nie.



6.      ALIYAH – Verstrooi en Versamel – Herstel van Israel in hul eie Land

Jeremia 31:10b
“Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos ‘n herder sy kudde”

Jesaja 43:5-6
“Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou, Ek sal jou geslag van die Ooste af aanbring en jou versamel van die weste af.  Ek sal sê aan die noorde: Gee! En aan die suide: Hou nie terug nie!”

Jeremia 23:3
“En Ek self sal die oorblyfsel van my skape versamel uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het, en Ek sal hulle terugbring na hulle weiveld, en hulle sal vrugbaar wees en vermenigvuldig

Jeremia 32:37-41
Jesaja 49:22
Esegiel 36:24-28 – God belowe om Jode terug te bring na hul land
Esegiel 39:27-29 – terugkeer uit die volke waarheen hulle verstrooi is
Esegiel 37 – Lewe in die dor bene

God bring hierdie volk terug vir ‘n afspraak met Hom in hul beloofde land. Roeping, verstooiing en herstel van Israel vorm ‘n deurlopende tema reg deur die Bybel.  God bring hulle terug uit die Noordland en uit die agterhoeke van die wêreld.  Blindes, lammes, swangeres, swakkes – met ‘n geween en met smekinge sal God hulle lei.

Aliyah beteken “going up, going home”.

Wie sou 25 jaar terug kon dink dat daar oor ‘n miljoen Jode (olim) uit Rusland sou terugkeer huiswaarts na Israel soos voorspel is deur die profeet Jesaja en Jeremia. 

Jesaja 66:8 -  Jesaja vra of ‘n land in een dag gebore kan word?  14 Mei 1948

Bybelse profesiee oor Israel se terugkeer na die Beloofde Land word tans voor ons eie oë vervul.  Jode emigreer van oor die hele wereld terug na Israel.  Selfs uit Suid-Afrika het al meer as een vliegtuig vol teruggekeer.  Tekens van naderende einde oral om ons.  Israel is ‘n wonderwerk – God bring hulle tans terug uit die nasies deur Aliyah soos Esegiel voorspel het.


7.      Appel van God se Oog – God het hulle nie verstoot nie

Sagaria 2:8b “want wie julle aanraak, raak sy oogappel aan”
Israel is God se oogappel – God se liefde vir hierdie volk is onmeetbaar.  Ten spyte van hulle dwalinge deur al die eeue heen, is God nog steeds lief vir hulle.  Israel is in sy gevalle toestand steeds ‘n bron van seën vir die wereld.  Dit is ‘n volk deur God verkies om Sy saligheidsplan aan die wereld te openbaar.  God is onveranderlik en kom sy beloftes teenoor Israel na en gaan nog baie in die toekoms deur Israel doen. Israel is God se oogappel en om jou oë vir Israel se noodkrete te sluit is om ‘n vinger in God se oog te steek – of jy ondersteun Israel of jy is teen Israel.

Jesaja 43:4 -“Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.”

Romeine 11:1
“Ek vra dan: Het God miskien sy volk verstoot?  Nee, stellig nie!  Want ek is ook ‘n Israeliet uit die nageslag van Abraham van die stam van Benjamin”

Die Joodse Rabbi Paulus bevestig in die NT dat God steeds nie sy volk afgeskryf het nie.  Israel is steeds belangrik vir God.  Ons Christene is inge-ent op die mak olyfboom wat Israel is.  Ons mag nie roem of arrogant wees teenoor Israel nie want God kan ons maklik weer afbreek. Christen gelowiges moet Israel erken as die volk waarmee God ‘n verbond gesluit het – die saligheid is uit die Jode (Joh 4:22).

Romeine 1:16
Die evangelie is eers vir JOOD dan vir Griek wat ander nasies insluit.


8.      Redding van Israel

Romeine 10:1
Paulus wat self ‘n Jood is, se hartsverlange en sy gebed is dat Israel tot redding sal kom. 
Paulus ‘n Joodse Rabbi het die evangelie na die heidense nasies uitgedra maar in sy eie hart was hy stukkend vir sy eie volk want hy het geweet hoe lief God hierdie volk het wat Jesus verwerp het.  Daarom moet ons ook vir Israel se redding bid, dis ons plig want ‘n Jood het die evangelie vir ons gebring. Bid vir die geestelike ontwaking van Israel.

Johannes 4:22
Die saligheid is uit die JODE!

Deur Israel se val het daar vir my en jou redding gekom.

9.      Wagte op die mure

Jesaja 62:6-7                    
“O Jerusalem, Ek het wagte op jou mure uitgesit wat gedurigdeur die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie.  O julle wat die Here herinner aan sy beloftes – moenie rus nie en laat Hom nie rus nie, totdat Hy Jerusalem bevestig en maak tot ‘n lof op aarde!”

God soek intersessors om vir Israel te bid – om hul plek op die mure as wagte in te neem en ernstig vir hierdie land en volk te begin bid.  Hierdie wagte sal sien wat God sien!   Ons moet bid tot Jesus se terugkoms want Jesus gaan na Jerusalem terugkom en Sy voete op die Olyfberg neersit.  Ons as Christene moet intree vir hierdie land en volk en God aan Sy beloftes herinner wat Israel betref.

Jesaja 62:1
“Ter wille van Sion sal Ek nie swyg nie en ter wille van Jerusalem nie stil wees nie”




 
10.  Midde-Ooste
God het die finale sê oor wat in die Midde-Ooste gaan gebeur.  Ons moet ons oë hou op hierdie klein landjie Israel wat amper so groot is as die Kruger Wildtuin want dis die episentrum van die wêreld en dit is waar alles gaan eindig.

Israel is God se horlosie – die Bruidegom kom om middernag Sy Bruid haal.
Israel is God se sleutel tot die verstaan van die Bybel
Israel het die Verlosser en Messias Jesus/Yeshua gegee
Israel het die Woord van God gegee – feitlik die hele Bybel is deur Jode geskryf
Die wereld se geskiedenis begin en eindig met Israel
Israel is ‘n seen vir al die nasies

Ismael is die arabiere – altyd in konflik met sy broers.

Jerusalem is al meer as 3000 jaar die Joodse hoofstad – dit was nooit ‘n hoofstad onder enige arabiese of moslem regering nie.

Jerusalem word meer as 700 keer in die Bybel genoem en nie een keer in die Koran nie.

Arabiese vlugtelinge het hulle self begin Palestyne noem sedert 1967 – 20 jaar na Israel ‘n staat geword het!  In 1948 het die arabiese leiers hul mense aangeraai om Israel te verlaat totdat hulle die land skoon gemaak het van al die Jode tydens ‘n oorlog wat hulle verloor het.  68% arabiere het die land verlaat.  Die omliggende arabiese lande het nie toegelaat dat die vlugteling in hulle lande erken word nie.

Esegiel 37:12-14 – Doodsbeendere het lewe gekry – Holocaust beteken “burnt offering”

Die feit dat Israel ‘n afstammeling van Abraham is, maak hulle nog nie ware kinders van Abraham nie.  Weens ongehoorsaamheid het hulle ten gronde gegaan deur God se guns te probeer kry deur hulle werke en nie deur geloof nie.

Ons moet verstaan dat baie wat God gaan doen op aarde tussen nou en die Messias se wederkoms, gaan gedoen word deur en in Israel.

Die huidige geskil oor die land is nie werklik grondgebied nie, maar die wortel is haat.  Agter hierdie veldtog sit Satan.  Satan weet dat die Messias na Jerusalem gaan terugkeer!

“n Oorlog in die Midde-Ooste kan die hele wereld intrek in ‘n wêreldoorlog.  Baie wat God nog gaan doen op aarde tussen nou en die Messias se Wederkoms, gaan gedoen word deur en in Israel.  Hou jou oë dus op God se profetiese horlosie – die kollig van die hemel is steeds op die Joodse volk.  Die tyd tik vinnig verby…



Hatikva is the national anthem of the State of Israel.


HATIKVA 
http://www.hebrewsongs.com/spacer.gif
Kol od balevav penima
Nefesh Yehudi homiya,
Ulfa'atei mizrach kadima
Ayin l'Tziyon tzofiya.

Od lo avda tikvatenu,
Hatikva bat sh'not alpayim,
Lihyot am chofshi be'artzenu
Eretz Tziyon virushalayim.

THE HOPE 
http://www.hebrewsongs.com/spacer.gif
As long as deep within the heart
A Jewish soul stirs,
And forward, to the ends of the East
An eye looks out, towards Zion.

Our hope is not yet lost,
The hope of two thousand years,
To be a free people in our land
The land of Zion and Jerusalem.
                
The text comes from a poem by Naftali Hertz Imber called Tikvatenu, first published in Jerusalem in 1886. It soon became popular throughout the Jewish world and in 1933 was adapted as the anthem of the Zionist Movement by the 18th Zionist Congress. Upon establishment of the State of Israel in 1948, Hatikva became the national anthem.


      
PRIESTERLIKE SEEN (Aaron/Levitiese Seen)

Wat beteken dit om te Seën? 
Dis ‘n verklaring van God se Guns en Goedheid oor iemand.  Seen is die teenoorgestelde van vloek.  Om te Seen is baie kragtig.  Ons moet dus meer seeninge uitspreek oor ander.
Die Priesterlike Seën word gevind in Numeri 6:22-27.  God het Israel onder die Ou Verbond geseen deur die hoe priester Aaron en sy seuns te gebruik.  Die Hoe Priester het eenmaal ‘n jaar met Yom Kippur in die Allerheiligste ingegaan vir die sondes van die volk.  ‘n Offer moes eers gebring word en met bloed aan die hande is die Seen dan uitgespreek deur die hande omhoog te hou sodat almal die bloed kon sien.  Vandag is ons Hoe Priester,. Jesus die Messias.  Jesus was ook die offer en met Sy eie bloed het Hy vir ons betaal, en nou kan ons ook die Seen ontvang.  Wanneer Jesus ‘n Seen uitspreek en Sy Hande ophou, sien ons dus die kruismerke wat dui op die Kosbare Bloed wat vir ons gestort is.  Dus God gee alle Seen deur Jesus aan ons.
Die Seen is ook oor die volk uitgespreek na die oggend offers by die Tempel.  Vandag word hierdie Seen nog steeds in baie sinagoges na die end van die diens oor die mense uitgespreek.  God het self hierdie woorde verskaf en die Priesters mag nie hul eie woorde gebruik nie maar moes dit presies gebruik soos deur God voorgeskryf is.  Hierdie seengebed kom direk van God af en dus is dit Hy wat jou seen.  Dus is dit nie ek wat jul seen nie.  Ons het vandag ‘n Hoë Priester in die Hemel wat ons Seen naamlik Jesus self (Heb 4:14).  Jesus (Yeshua) is ons Hoë Priester en tree vir ons in by die Vader.
Hierdie seengebed word ook gebruik in die huishouding waar gesinne mekaar seen veral op Vrydagaand wanneer Shabbat aanbreek.  Die seen word ook gebruik om kinders te seen veral met slaapenstyd.  Jesus het ook die kindertjies geseen in Markus 10:13-16.
Net voor Jesus opgevaar het na die Hemel het Hy Sy disipels geseen deur Sy Hande op te lig (Lukas 24:50).  Hierdie priesterlike Seen word ook genoem die “oplig van hande”. 

Numeri 6 vers 24:
Die Here sal jul seen en jul behoed
In hebreeus word die Here se Naam as Yahweh (YHVH) gebruik maar omdat Jode nie hierdie Naam sommer uitspreek nie uit respek gebruik hulle eerder Adonai wat ook Heer/God beteken.  Jesus het ons ook geseen in Matt 5:3-12 met die bergpredikasie se saligsprekinge.  Salig beteken Geseend.  In Matt 6:25-32 se Jesus dat Sy Genade en Seen is genoeg vir ons en dat Hy sal voorsien in al ons behoeftes want ons moenie bekommer oor die dag van more nie.  God wil ons beskerm, vir ons goed wees en vir ons voorsien in al ons behoeftes.  Dat dit in alles goed sal gaan en ook in gesondheid en ‘n hoopvolle toekoms.  Die Here wil ons werklik Seen en behoed.
Numeri 6 vers 25:
Die Here sal sy aangesig oor jul laat skyn en jul genadig wees
God se aangesig wys Sy Liefde vir ons, Sy Genade en Sy Guns.  Sy aangesig beteken dat Hy kyk vir ons en neem notisie van ons.  Hy het ons aandag.  Hy glimlag vir ons.  Deur Jesus kan ons aanspraak maak op God se Genade.
Numeri 6 vers 26:
Die Here sal sy aangesig oor jul verhef en aan jul vrede gee
Vrede is ‘n geskenk wat ons ontvang vanaf die Prins van Vrede Yeshua Maschiag (Jesus).  En die Vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus (Fil 4:7).
Daar is krag in die Seën.  Dis nie net ‘n vinnige tower rympie nie, daar is werklik Goddelike krag in hierdie Seën.  God se Seën oortref alles.  Niks kan jou skei van die Liefde van God nie.
Soek die Koninkryk van God en Sy Geregtigheid en die Priesterlike Seën sal op jou rus. (Matt 6:33).  Elke wedergebore gelowige is ‘n priester vandag en ons Hoe Priester is die Messias Jesus.

Die Here sal jul seen en jul behoed
Yivarechecha Adonai viyishmirecha
Die Here sal sy aangesig oor jul laat skyn en jul genadig wees
Ya’er Adonai panav elecha veechuneka
Die Here sal sy aangesig oor jul verhef en aan jul vrede gee
Yeesa Adonai panav elecha viyasem lecha Shalom.



GEBED VIR ISRAELI SOLDATE & IDF (WEERMAG)
Abba Vader, ons kom plaas Israel voor U.  Ons bid vir die grenslyn langs die Golan Hoogland asook die grenslyn regrondom Israel en dat God die soldate sal versterk wat die grenslyn bewaak.  Ons bid dat geen vyand toegang sal verkry oor hierdie grenslyn nie.
Ons bid dat die Intelegensie afdeling (Mosad) bo-natuurlike wysheid sal bekom om enige gevaar betyds op te tel.
Ons tree in vir elke soldaat en bid teen dwelms, homoseksualiteit, aborsie en korrupsie wat insluip onder hierdie nasie en veral onder die jeug.  Ons staan in die gaping vir elke soldaat by die grens oorgange asook vir die in die stede wat hul plig uitvoer om hul land te beskerm.  Ons tree in vir elke soldaat om die ware God van Israel te soek.
Ons tree in vir wysheid vir die leiers van die weermag en lugmag– Psalm 50:15 En roep My aan in die dag van benoudheid, Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.
Ons tree in vir die nasies wat Israel verdelg, dat hulle die waarheid sal sien.  Ons bid ernstig vir ISIS en elke militante groep wat Israel wil vernietig dat hulle ‘n bo-natuurlike ervaring met Jesus sal hê en tot bekering sal kom.  Ons bid vir die redding van moslems.
Ons bid vir die Prime Minister Benyamin Netanyahu vir bo-natuurlike wysheid en insig om hierdie land en nasie te lei in God se weë.  Ons bid dat elke woord wat hy spreek direk van God af sal wees.
Sprei U arendsvlerke uit oor hierdie klein landjie en laat hulle veilig wees onder U beskermde vleuels waar hulle opkyk na U vir al hul antwoorde.
Ons bid teen enige lands verdeling vir die vredes proses.  Ons roep uit vir Israel om uit te roep na U, hul Vader!  Ons vra genade oor hierdie land en volk.
AM Israel Chai – The people of Israel lives!  
Israel is ‘n bevestiging aan die wereld dat daar is ‘n God wat leef en dis die God van Israel!


      
GEBED AS WAGTER VIR ISRAEL
Abba Vader ek aanbid U as die God van Abraham, Isak en Jakob, die God van ISRAEL.
Ek erken dat hierdie land Israel en die Joodse volk aan U behoort.  U het hulle uitverkies as Eiendomsvolk (Deut 7:6).

U Woord sê telkemale dat U nie hierdie volk sal verwerp nie (Jer 31).  Israel is ‘n Ewige besitting (Gen 17:8) en die nasies wat teen Israel gaan opstaan gaan verdelg word volgens Sagaria. Israel is U oogappel!  U Liefde is oneindig vir hierdie volk. Die saligheid is uit die Jode.

Vader, help ons om nie ons ore en oë te sluit vir die noodkrete van Israel nie - Haar roepstem in die woestyn. Vader ons belei ons voorgangers se verkeerde handel met hierdie volk - die kruistogte, die holocaust.  Vader seën die Holocaust oorlewendes en verdoof hul pyn van die verlede met Jesus se Lig.  Vader ons bid teen Anti-semitisme en vervangingsteologie wat baie kere onder Christene voorkom.

Ons bid vir al die Christelike Organisasies wat help met armoede, voedingskemas, trauma berading ens. in Israel.  Ons bid vir al die volunteers wat reeds betrokke is maar ook vir die wat nog gaan betrokke raak.

Ons bid vir beskerming en versterking vir al die Messiaanse Gemeentes en Leiers in Israel.  Baie van hulle word vervolg deur eie familie en vriende.  Abba ons bid vir Aliyah, die versamel en terugkeer van Jode oor die hele wêreld volgens die beloftes in Jesaja, Jeremia en Esegiël. U het waarlik ‘n afspraak met hierdie volk in hul eie land.

Ons bid vir Jerusalem en sy inwoners soos Psalm 122:6 ons beveel.  Mag Yeshua se Shalom Vrede ‘n stad van Vrede – Jerusalem – omvou.  Seën Israel Vader.  Genesis 12:3 sê duidelik dat U seën die wat Israel seën.  Help dat ons ‘n seën vir Israel sal wees. Gee ons ‘n hart vir Israel sodat ons ook deur U oë Israel sal sien.

Vader ons bid dat U intersessors sal opwek om vir Israel te bid.  Gelowiges wat bereid sal wees om hul plek as wagte op die mure vir Israel in te neem.  Open harte en oë van Christene sodat ons U hartklop van Israel sal ervaar.

Ons bid dat ware gelowiges by Israel sal staan ten spyte van wat die wêreld sê. Ter wille van Sion sal ek nie swyg nie, en ter wille van Jerusalem nie stil wees nie – Jesaja 62:1.

 Onweerswolke hang gedurig dreigend oor Israel maar ons weet dat U waak oor Israel want die Bewaarder sluimer of slaap nie. Vader ons bid U Beskermde Hand oor Israel.

Ons bid vir wysheid en insig vir Israel se regering, hul leiers, Eerste Minister Benjamin Netanyahu, hul weermag IDF, sodat hulle sal opkyk na U alleen vir al hul antwoorde.
Vader gee U engele opdrag om die grense van Israel te bewaak.

U ken die einde van die begin af. U is ons Koning van Konings.
U is die Alpha en Omega, die begin en einde, die Een wat was, wat is, en wat gaan kom.
U is die EK IS, U is YHWH. Die God van ISRAEL!!

                                         In die Naam van Jesus – B’shem Y’shua                      Amen 

WAGTERS OP DIE MURE – GEBEDSTOERE NA ISRAEL
Kom reis jaarliks in Februarie saam met mede-aanbidders & Menorah Toere na Israel vir 'n onvergeetlike week teen 'n absolute bekostigbare prys, en laat toe dat Abba Vader jou lei met elke treë wat jy gee.  Ons toere is absoluut uniek.  Ons staan baie tyd aan die Heilige Gees se leiding af en jaag nie van een plek na 'n ander nie.  Ons luister fyn na Vader se Hartklop en beweeg in Sy salwing.  Ons roep dus elke Geesvervulde Christen gelowige om saam te kom bid en om te kom hoor wat Vader op die Hart het vir jou.  Daar wag 'n baie spesiale en geseënde afspraak in Jersusalem spesiaal net vir jou.  Moet dit nie mis nie.

Kom treë saam met ons in vir hierdie kosbare land en volk wat ook ons Vader se oogappel is.  Kom wys Israel dat jy hulle ondersteun.  Vader sê self dat Hy sal seën wie Israel seën.  

Kom seën Israel saam met ons in Israel!!
(vir enige inligting rondom ons gebedstoere)

Kom saam as 'n Wagter op Jerusalem se mure!!